histrionies [boodskap #147004] |
Fri, 15 November 2024 20:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
histrionies
Afbreking: his•tri•o•nies
Byvoeglike naamwoord: histrionies
Attributief: histrioniese
Betekenis:
• Wat oordrewe of dramaties is (soos 'n toneelspeler wat 'n rol vertolk).
Gebruik:
• Sy het 'n histrioniese persoonlikheid en sal alles probeer om aandag te trek en uit te staan.
Sinoniem:
• dramaties
• huigelagtig
• melodramaties
• teatraal
• toneelmatig
Vertaling:
Engels: histrionic
Nederlands: histrionisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|