lanfer [boodskap #146998] |
Thu, 14 November 2024 14:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lanfer
Afbreking: lan•fer
Selfstandige naamwoord: lanfer
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Dun, swart of pers gaas met 'n gekreukelde tekstuur, veral gebruik as rouband om 'n mou of hoed.
Gebruik:
• In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou... [Die Stem, 3de vers]
Sinoniem:
• crêpe
• roufloers
• rousluier
Afgelei:
• lanferlap
Vertaling:
Engels: crepe
Nederlands: lanfer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|