verhandeling [boodskap #146995] |
Thu, 14 November 2024 12:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verhandeling
Afbreking: ver•han•de•ling
Samestelling: verhandel + -ing
Selfstandige naamwoord: verhandeling
Meervoud: verhandelinge, verhandelings
Verkleinwoord: verhandelinkie
Meervoud van verkleining: verhandelinkies
Betekenis:
• 'n Formele, sistematiese en wetenskaplike uiteensetting van 'n bepaalde onderwerp.
• Die daad van verhandel; 'n transaksie uitvoer.
Gebruik:
• Phil Hockey was 'n bekende ornitoloog wat sy doktorale verhandeling oor die swarttobie gedoen het.
• Deesdae het makelaars webtuistes wat die verhandeling van aandele toelaat.
Sinoniem:
• dissertasie
• proefskrif
• referaat
• skripsie
• tesis
Hiponiem:
• aandeleverhandeling
• meestersverhandeling
• navorsingsverhandeling
Vertaling:
Engels: treatise, dissertation, discourse, essay; trading
Nederlands: verhandeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|