sakewêreld [boodskap #146985] |
Wo, 13 November 2024 13:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20770 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sakewêreld
Afbreking: sa•ke•wê•reld
Samestelling: sake + wêreld
Selfstandige naamwoord: sakewêreld
Meervoud: sakewêrelde
Betekenis:
• Die deel van die samelewing wat handel dryf en besigheid doen.
Gebruik:
• Raymond Ackerman was nie net in die plaaslike sakewêreld 'n ikoon nie, maar ook in die internasionale handelskringe.
Sinoniem:
• besigheidswêreld
• handelskringe
• handelswêreld
• sakegemeenskap
Vertaling:
Engels: business world, business community
Nederlands: zakenwereld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|