ondertoon [boodskap #146979] |
Wed, 13 November 2024 09:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ondertoon
Afbreking: on•der•toon
Samestelling: onder + toon (kleur of klank)
Selfstandige naamwoord: ondertoon
Meervoud: ondertone
Betekenis:
• 'n Klank in die agtergrond, of 'n minder beduidende kleur.
• (figuurlik) Die gevoel wat iemand se woorde oorbring.
Gebruik:
• Smaraggroen is 'n skakering van groen, met 'n ondertoon van blou.
• Die video het rassistiese ondertone.
Sinoniem:
• bybetekenis
• gevoelswaarde
• insinuasie
• konnotasie
• stemming
• strekking
Vertaling:
Engels: undertone
Nederlands: ondertoon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|