Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wan
wan [boodskap #146970] Tue, 12 November 2024 09:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20822
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vrou wat graan wan.
'n Vrou wat graan wan.
wan
Afbreking: wan


Werkwoord: wan
Verlede tyd: het gewan

Betekenis:
• Om graan te suiwer deur die kaf van die korrels te skei.

Gebruik:
• Die koring word geoes, gewan en na die graansuiers vervoer.

Sinoniem:
• uitsif

Afgelei:
• uitwan
• wanner

Vertaling:
Engels: to winnow
Nederlands: wannen


Bywoord: wan

Betekenis:
• In die vaste uitdrukking "dan en wan" (af en toe).

Gebruik:
• Ons gaan eet so dan en wan in 'n restaurant.

Vertaling:
Engels: sometimes
Nederlands: soms

Nota:
• Kyk ook na die voorvoegsel "wan-" (skadelik, sleg, verkeerd).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wanner
Volgende onderwerp: verbouer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 03 17:31:18 UTC 2024