voorwaardelik [boodskap #146962] |
Ma, 11 November 2024 14:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20770 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorwaardelik
Afbreking: voor•waar•de•lik
Samestelling: voorwaarde + -lik
Byvoeglike naamwoord: voorwaardelik
Attributief: voorwaardelike
Partitief: voorwaardeliks
Betekenis:
• Onderworpe aan sekere voorwaardes.
Gebruik:
• Hy moes 'n vertroulikheidsooreenkoms teken om voorwaardelike toegang tot die inligting te bekom.
Sinoniem:
• onderhewig
• kondisioneel
• tentatief
• tussentyds
• voorlopig
Antoniem:
• onvoorwaardelik
Vertaling:
Engels: conditional
Nederlands: voorwaardelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|