bedmaat [boodskap #146961] |
Mon, 11 November 2024 14:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bedmaat
Afbreking: bed•maat
Samestelling: bed + maat
Selfstandige naamwoord: bedmaat
Meervoud: bedmaats
Verkleinwoord: bedmaatjie
Meervoud van verkleining: bedmaatjies
Betekenis:
• Iemand wat saam met iemand anders slaap; 'n bed deel.
• (figuurlik) Iemand wat saam met ander by 'n saak betrokke is.
Gebruik:
• Haar bedmaat snork haar wakker.
• Geloof en politiek is al vir eeue bedmaats.
Sinoniem:
• bedgenoot
• slaapmaat
• geesgenoot
Vertaling:
Engels: bedmate, bedfellow
Nederlands: bedgenoot, bedvriend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|