hoofrol [boodskap #146953] |
Sun, 10 November 2024 18:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoofrol
Afbreking: hoof•rol
Samestelling: hoof + rol
Selfstandige naamwoord: hoofrol
Meervoud: hoofrolle
Verkleinwoord: hoofrolletjie
Meervoud van verkleining: hoofrolletjies
Betekenis:
• Die speler waarom die storie draai. Die belangrikste rol in 'n toneelstuk, film, TV-program, ens.
Gebruik:
• Frank Rautenbach het die hoofrol in prente soos Hansie en Faith Like Potatoes vertolk.
Sinoniem:
• titelrol
Afgelei:
• hoofrolspeler
Antoniem:
• byrol
Vertaling:
Engels: principal role, leading part
Nederlands: hoofdrol
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|