noodsaak [boodskap #146946] |
Sat, 09 November 2024 18:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
noodsaak
Afbreking: nood•saak
Samestelling: nood + saak
Werkwoord: noodsaak
Verlede tyd: het genoodsaak
Betekenis:
• Om te dwing of te verplig.
Gebruik:
• Die hoë insetkoste noodsaak innoverende oplossings.
Sinoniem:
• dwing
• noop
• verplig
Vertaling:
Engels: to necessitate, compel, force, oblige
Nederlands: noodzaken
Selfstandige naamwoord: noodsaak
Meervoud: noodsake
Betekenis:
• 'n Geval van nood.
• Die dwang van omstandighede.
Gebruik:
• Die straatkinders moes soms uit noodsaak kos steel.
• Die noodsaak van onderwysers kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Afgelei:
• noodsaaklik
Vertaling:
Engels: necessity
Nederlands: noodzaak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|