gegradueerde [boodskap #146939] |
Fri, 08 November 2024 17:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gegradueerde
Afbreking: ge•gra•du•eer•de
Samestelling: gegradueer + -de
Selfstandige naamwoord: gegradueerde
Meervoud: gegradueerdes
Betekenis:
• Iemand wat gegradueer het. Persoon wat 'n akademiese graad behaal het.
Gebruik:
• Ná jare van bloed, sweet en trane wat met studie gepaard gaan, kan die meeste gegradueerdes nie wag om met hulle loopbane te begin nie.
Sinoniem:
• afgestudeerde
• alumnus
• oudstudent
Vertaling:
Engels: graduate
Nederlands: gegradueerde
Byvoeglike naamwoord: gegradueer
Attributief: gegradueerde
Betekenis:
• Wat 'n graad verwerf het.
• (ongewoon) Wat van grade voorsien is. Sien gradeer/ gegradeer.
Gebruik:
• Sy is 'n gegradueerde vrou wat op enige plek in die wêreld 'n goeie salaris sal verdien.
• Gebruik 'n gegradueerde maatbeker om die gewenste hoeveelheid af te meet.
Antoniem:
• ongegradueerde
Vertaling:
Engels: graduated; graded
Nederlands: gegradueerde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|