noodgeval [boodskap #146924] |
Thu, 07 November 2024 06:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
noodgeval
Afbreking: nood•ge•val
Samestelling: nood + geval
Selfstandige naamwoord: noodgeval
Meervoud: noodgevalle
Verkleinwoord: noodgevalletjie
Meervoud van verkleining: noodgevalletjies
Betekenis:
• 'n Gevaarlike situasie waartydens iemand dringende hulp benodig.
Gebruik:
• Op 'n besige dag jaag die nooddienste van die een noodgeval na die ander tot hulle skof verby is.
Sinoniem:
• doodsgevaar
• krisis
• noodtoestand
Vertaling:
Engels: emergency case, emergency
Nederlands: noodgeval
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|