| afteken [boodskap #146903] |
Di., 05 November 2024 10:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afteken
Afbreking: af•te•ken
Samestelling: af + teken
Werkwoord: teken af, afteken
Verlede tyd: het afgeteken
Betekenis:
• Om 'n dokument te finaliseer deur dit te teken; 'n handtekening opsit.
• Om 'n tekening te dupliseer deur dit na te trek.
• (rekenaars) Om af te meld; jou sessie beëindig.
Gebruik:
• Die president teken die wetgewing af.
• Kan ek die mooi prentjie by jou afteken?
• Sy het aangeteken, die transaksie voltooi en afgeteken.
Sinoniem:
• onderteken
• afskets
• nateken
• oorteken
• aflog
• afmeld
• diskonnekteer
• uitteken
Afgelei:
• aftekening
Vertaling:
Engels: to sign; to line out, delineate; to sign off, log out
Nederlands: aftekenen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|