| betaam [boodskap #146901] |
Di., 05 November 2024 08:32 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25321 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
betaam
Afbreking: be•taam
Samestelling: be- + taam
Werkwoord: betaam
Verlede tyd: het betaam
Teenwoordige deelwoord: betamend, betamende
Verlede deelwoord: betaamde
Betekenis:
• Om ordentlik, behoorlik en gepas te wees.
Gebruik:
• Dit betaam jou nie om so onbeskof met ouer mense te praat nie.
• Hy het hom gedra soos dit 'n heer betaam.
Sinoniem:
• deug
• hoort
• pas
Afgelei:
• betaamlik
Vertaling:
Engels: to behove, befit, suit, be proper
Nederlands: betamen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|