besitreg [boodskap #146890] |
Mon, 04 November 2024 08:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
besitreg
Afbreking: be•sit•reg
Samestelling: besit + reg
Selfstandige naamwoord: besitreg
Meervoud: –
Betekenis:
• Die reg om iets te besit, of die reg om dinge in die algemeen te mag besit.
Gebruik:
• Die regering verpolitiseer die besitreg van grond tot nadeel van die ekonomie.
Sinoniem:
• aanspraak
• eiendomsreg
Vertaling:
Engels: right of ownership, dominion
Nederlands: recht van bezit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|