mynskag [boodskap #146882] |
Sun, 03 November 2024 18:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mynskag
Afbreking: myn•skag
Samestelling: myn + skag
Selfstandige naamwoord: mynskag
Meervoud: mynskagte
Verkleinwoord: mynskaggie
Meervoud van verkleining: mynskaggies
Betekenis:
• 'n Ondergrondse gang in 'n myn (horisontaal vertikaal, of skuins af).
Gebruik:
• Moderne mynskagte loop meestal vertikaal in die grond af, vanwaar die myn se ondergrondse skagte horisontaal uitsprei.
Sinoniem:
• myngang
Vertaling:
Engels: mineshaft
Nederlands: mijnschacht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|