koepon [boodskap #146880] |
So, 03 November 2024 09:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20770 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koepon
Afbreking: koe•pon
Selfstandige naamwoord: koepon
Meervoud: koeponne, koepons
Betekenis:
• Bewys dat 'n mens op afslag geregtig is, of dat daar reeds vir iets betaal is (dikwels in die vorm van 'n stukkie papier of karton).
Gebruik:
• Jy moet eers koepons koop voordat jy op die mallemeule mag ry.
Sinoniem:
• afslagbewys
• koopbewys
• kredietbewys
Hiponiem:
• afslagkoepon
• melkkoepon
Afgelei:
• koeponboekie
Vertaling:
Engels: voucher, coupon
Nederlands: tegoedbon, coupon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|