denkrigting [boodskap #146878] |
Sun, 03 November 2024 09:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20864 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
denkrigting
Afbreking: denk•rig•ting
Samestelling: denk (dink) + rigting
Selfstandige naamwoord: denkrigting
Meervoud: denkrigtings
Betekenis:
• Die manier waarop daar oor iets gedink word.
Gebruik:
• Hedonisme is 'n bederflike denkrigting waarvolgens genot en geluk die primêre doel van die lewe is.
Sinoniem:
• denkpatroon
• denkskool
• denkwyse
• gesindheid
• mentaliteit
• sienswyse
Vertaling:
Engels: line of thinking, school of thought
Nederlands: denkrichting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|