steelfoto [boodskap #146862] |
Fri, 01 November 2024 18:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20822 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
steelfoto
Afbreking: steel•fo•to
Samestelling: steel + foto
Selfstandige naamwoord: steelfoto
Meervoud: steelfoto's
Verkleinwoord: steelfoto'tjie
Meervoud van verkleining: steelfoto'tjies
Betekenis:
• 'n Skelm foto wat sonder toestemming geneem is.
Gebruik:
• Die akteur is briesend oor die steelfoto wat van hom en sy gesin geneem is.
Afgelei:
• steelfotograaf
Verwant:
• paparazzi
Vertaling:
Engels: secret photo, spy pic
Nederlands: privéfoto, spionagefoto
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|