besleg [boodskap #146858] |
Thu, 31 October 2024 17:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
besleg
Afbreking: be•sleg
Samestelling: be- + sleg
Werkwoord: besleg
Verlede tyd: het besleg
Betekenis:
• Om 'n geskil te beëindig/ tot 'n einde te bring deur 'n besluit te maak.
Gebruik:
• Julle moet julle verskille besleg voordat julle die ligte saans afsit.
Sinoniem:
• afhandel
• bylê
• oplos
• skik
• uitstryk
• uitmaak
Afgelei:
• beslegting
Vertaling:
Engels: to settle, decide
Nederlands: beslechten
Byvoeglike naamwoord: besleg
Attributief: beslegte
Betekenis:
• Wat tot 'n einde gebring is.
Gebruik:
• Die saak is buite die hof besleg.
Antoniem:
• onbesleg
Vertaling:
Engels: settled
Nederlands: beslecht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|