pakgee [boodskap #146853] |
Thu, 31 October 2024 14:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pakgee
Afbreking: pak•gee
Samestelling: pak + gee
Werkwoord: gee pak, pakgee
Verlede tyd: het pakgegee
Betekenis:
• Om ligte lyfstaf toe te dien, veral met 'n lat op die hand of boude.
• Om te oorwin of te oorrompel.
Gebruik:
• Die meneer gee die kinders wat nie hulle huiswerk gedoen het nie pak.
• Die Springbokke het die Wallabies en die All Blacks pakgegee.
Sinoniem:
• afransel
• foeter
• looi
• moker
• raps
• slaan
• wiks
Verwant:
• pakslae
Vertaling:
Engels: to hit, beat, flog, cane; to beat
Nederlands: slaan, meppen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|