kameraadskap [boodskap #146849] |
Thu, 31 October 2024 12:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kameraadskap
Afbreking: ka•me•raad•skap
Samestelling: kameraad + -skap
Selfstandige naamwoord: kameraadskap
Meervoud: kameraadskappe
Betekenis:
• Die hegte band en wedersydse vertroue wat tussen makkers en geesgenote bestaan.
Gebruik:
• Tydens my studentedae het ek vriend- en kameraadskappe gevorm wat tot vandag toe nog bestaan.
Sinoniem:
• broederlikheid
• broederskap
• gemeensaamheid
• kameraadskap
• kollegialiteit
• saamhorigheid
• solidariteit
• spangees
• vriendskap
• welwillendheid
Afgelei:
• kameraadskaplik
Vertaling:
Engels: camaraderie
Nederlands: kameraadschap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|