haelgeweer [boodskap #146827] |
Mon, 28 October 2024 15:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
haelgeweer
Afbreking: ha•el•ge•weer
Samestelling: hael + geweer
Selfstandige naamwoord: haelgeweer
Meervoud: haelgewere, haelgeweers
Verkleinwoord: haelgeweertjie
Meervoud van verkleining: haelgeweertjies
Betekenis:
• 'n Geweer met een of twee lope wat haelpatrone met loodkorrels skiet.
Gebruik:
• Die beskuldigde het gesê dat hy nie verwag het dat die haelgeweer gelaai sou wees nie, of besef het dat dit op sy maat gerig is nie.
Hiponiem:
• dubbelloophaelgeweer
Afgelei:
• haelgeweerloop
• haelgeweerskoot
Vertaling:
Engels: shotgun
Nederlands: hagelgeweer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|