Liewe Hennerie [boodskap #19217] |
Ma, 16 November 1998 00:00 |
Hans
Boodskappe: 68 Geregistreer: September 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Oom het ok mar nie so mooi na die spelling van jou naam opgeletie maar nou
het oom mooi gekyk en die oom sal onthou. Ons het ok moeilikheid met die
famielie en name gehad - my pa en ma het gedink ek sou die enigste wees en
toe kry ek die eerste name van die oupas weerskante toe. Later jare het ek
mar gehoor so na die testamente gelees is dat dit 'n neukery afgegee het.
Dis seker hoekom ek bokkerol by my oupas ge-erf het ok. En nou dat ons die
famieliesakies reg gesorteer het, kan ons weer oor die meer ernstige dinge
gesels......
Nee man, miskien het ek nie duidlik genoeg gepraat nie. Oom Piet het 'n
bokkerop gemaak toe hy skiet en onthou, die Lemetford was ok al goed
uitgeskiet. Maar oom Piet was okkie 'n ou wat maklik geluister hettie.
Toe los hy die Lemotford innie Dodge want hy reken toe mos hys mans genoeg
virrie gensbok met net sy Josef Rogers. My pa het darem al iets van
gensbokke geweet . Is die wat hy vir oom Piet iets van gatte sien geskree
het maar toe het die gensbok al klaar vir oom Piet met die horings gewaai.
Is wat my pa toe die Lemetford gryp ennie die gensbok blaker.
Darie storie vannie leeu in die kômas is waar- ek onthou hom. Ok maar
snaaks waar die ongediertes oral na beeste loop en soek. Tot ver bokant
Terracebaai het fôna en flôra leeuspore oppie strand gekry ennit wassie
honnert jaar nie toet hulle vir ta gesien ok. Mar gelukkig virrie leeu
boer niemand daar met bees nie toe los hulle hom uit. Ek praat maar van
fôna en flôra hulle solat jy kan verstaan van wie ek praat want hulle het
besluit hulle hou nie van meisiename nie en nou is alles onder ministries
verdeel.
Pertykeer as ek met die ou Land Rover paaltjies toe gaan om ietsie vir die
pan te kry, gebeur dit dat ek springbokke binne 100 tree van die strand af
raakloop en mens kan springbokke, gensbokke, volstuise en wille donkies nie
ver vannie dorp af nie in die Kuiseb se loop sien. Mar nou is die dorp
se mense die moer in virrie ouens op hulle kwat baaiks wat loop nonsies
aanjaag met die wildjies daar waar die ministrie se mense hulle nie kan
bykom nie..en wat spore innie woestyn en duine trap warie wind dit nie so
gou sal toewaai nie.
Hier was glo 'n klompie langhare wat berigte skrywe. Nou is daar so baie
tydskrifte al in die boekwinkel mens raak skoon dronk van al die name. Lyk
ok vir my daar is glad al 'n spesiale tydskrif vir die bankrowers - iets te
doene met karre en soos ons in die bankroof films hoor, glo oor getaway
karre. Nou, dis darie oues wat glo 'n paar dae hier kom kuier het en toe
virrie hele wêreld loop te vertel het ons waai toe onner die sand omlat ons
glo neuk met die ondergrondse watertjies. Vreeslik tegnies en oom
verstaan ookie altyd wat hulle praat nie maar ek weet dat my ou vriend naby
Hochfeldt se grondwatertjies baie verbeter het nadat hy 'n boeldoser gekoop
het en damwalle oor al die spruitjies gemaak het. Nou loop die watertjies
nie meer weg nie en daars sommer ook nog baie meer wildjies op sy plaas.
Miskien werk dit so in die woestyn ook.
Jare gelede net na die groot oorlog het 'n sekere godsdienstige groepie hier
voorspel dat Walvisbaai deur die see oorstroom sal word omdat daar so 'n
snaakse skip hier in die hawe gewerk het. Die skip het glo die hawe dieper
gemaak maar het ook hirrie mense so bang gemaak dat hulle dat hulle almal,
lok, stok en bêrrel hulle werk by die railways gelos het en weggetrek het.
Hulle is vandag nog weg en dis rerig al wat gebeur het.
Miskien is darie rowertydskrif se mense ok maar so verkeerd.
Mar wat ek jou ok wil vertel nog van die jagtery in die ou dae met gewere
wat uitgeskiet is en die min patrone, is dat dit die ouens geleer het hoe om
te bekruip of anner planne te maak.
Die hardste wat my pa my nog geklap het in die jagveld was juis oor so 'n
koedoebul wat gaan staan kopskud het toe hy moes stilgelê het. My oom was
op 'n plaas in Kalkfeld se wêreld en sy ou geweer was 'n pie fortien - jy
onthou mos nog die pie fortien ?? Was maar net 'n Lemetford met 'n moerse
lang loop. Ewenwel, my oom s'n was ook spesiaal want as mens die
skoonmaakborsel deur sy loop gedruk het, kon mens duidelik voel in die
middel van die loop het die Ingelse 'n ekstra kamer ingebou - die borsel het
sommer so deur daardie deel geval. Met daardie pie fortien moes mens nader
as 100 tree aan iets wees om dit enigsins raak te skiet. Ons het hom later
goed geken - op 100 tree het mens so ses voet regs gemik dan kom jy
naastenby op die kol uit en die hoogte was altyd daren binne 'n voet reg.
Ry toe een mirrag oor na die bure toe - dis nou my oom en my pa voor in die
Fargo bakkie en ek ek my oom se mak bojaan agterop. Sal jou nog eendag van
die bojaan ook 'n ding vertel. Ek moes hekke oopmaak, pa het met die pie
fortien gesit, my oom het bestuur en die bojaan het net vir sy plesier
saamgeneuk. Okkie ver nie of hiers 'n koedoebul sommer teenaan die
plaaspad.maar pa het seker nie genoeg toegelaat met die regs mikkery nie en
hy blits toe die koedoe deur die nek. Nou, het jy al gesien hoe slaat 'n
ding neer met 'n kamskoot ? Pa en my oom roer toe hulle litte om vinnig te
kan bykom vir die keelafsny anners staan die koedoe weer op.
Ek onthou nog hoe my oom vir pa sê , Ouboet, trap jy sy horings vas dan sny
ek. Nou was my pa okkie veel dikker as 'n voorslagriempie nie maar hulle
trek die koedoe se kop agtertoe en pa trap vas. En toe gebeur baie goed
tegelyk. My oom begin sny, die koedoe word wakker, die koedoe staan op,
met die opstaan skud hy sy kop, pa trek deur die lug, die koedoe vertrek, en
'n haaknsteek breek darem pa se landing. Vanwaar ek gestaan het, het pa
gelyk soos 'n karakoelvelletjie wat op 'n sakraam droogword - dis nou toe hy
so deur die lug trek. En daar sit pa toe vas in die haaknsteek - sy voete
was nie eens oppie grond nie.
En toe begin my oom te lag en ek dog toe dis orraait om saam te lag want dit
was vreeslik snaaks. Maar pa het nie so gedink nie en ons het net sy
regterarm losgekry toe blits hy my teen die oor. Dit was vir my vreeslik
onregverdig want my oom het tweekeer meer gelag as ek en hoekom blits pa hom
nie ook nie ? Seker die beste part van 'n kwartier geneem om pa uit die
bos te kry. Eers twintig jaar later het pa begin saamlag.
Die koedoe. Ja ons het hom toe so twee honnert tree daarvandaan gekry.
My oom se Josef Rogers was vlymskerp en hyt gelukkig die slagaar afgesny met
die haal of twee wat hy ingekry het.
Maar oom moet nou gaan slaap. Ek kan nie die heel nag met julle jongspan
sit en ginnegaap nie, Ek en die tante wil more gaan kyk of die vroëe
kabeljoutjies nie al daar anderkant Wlodtskabaken aangekom het nie.
Baie groete van oompie Hans
|
|
|