| maagkramp [boodskap #146800] |
So., 27 Oktober 2024 07:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24357 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
maagkramp
Afbreking: maag•kramp
Samestelling: maag + kramp
Selfstandige naamwoord: maagkramp
Meervoud: maagkrampe
Verkleinwoord: maagkrampie
Meervoud van verkleining: maagkrampies
Betekenis:
• 'n Kramp (skerp steek) in die maag.
Gebruik:
• Boererate is dikwels effektief vir ligte maagkrampe, maar soek mediese hulp in ernstiger gevalle.
Sinoniem:
• buikkramp
• gastralgie
• maagpyn
Vertaling:
Engels: stomach cramp
Nederlands: maagkramp
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|