Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dooi
dooi [boodskap #146766] Do, 24 Oktober 2024 12:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20497
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dooi
Afbreking: dooi


Werkwoord: dooi
Verlede tyd: het gedooi

Betekenis:
• Om op te hou vries en te begin smelt.
• (informeel) Om dood te gaan.

Gebruik:
• Gletsers vorm wanneer die hoeveelheid sneeu wat val groter is as die sneeu wat dooi of verdamp.
• Die krag het al weer gedooi

Sinoniem:
• smelt

Afgelei:
• dooipunt
• dooiweer

Verwant:
• ontdooi

Vertaling:
Engels: to thaw
Nederlands: dooien


Byvoeglike naamwoord: dood
Attributief: dooi, dooie

Betekenis:
• (digterlik) Verkorting van dooie.

Gebruik:
• Die dooi visse dryf in die dam.

Spreekwoord:
• Liewer bang Jan as dooi Jan. [Dis beter om versigtig te wees.]

Afgelei:
• dooibloed
• dooigewig
• dooigety
• dooiheid
• dooikalf
• dooimansdeur
• dooirus

Vertaling:
Engels: dead
Nederlands: dode

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: seksoortreder
Volgende onderwerp: woonagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Okt 25 10:28:23 MGT 2024