vervolgingsgesag [boodskap #146764] |
Wo, 23 Oktober 2024 11:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20770 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vervolgingsgesag
Afbreking: ver•vol•gings•ge•sag
Samestelling: vervolging +-s- + gesag
Selfstandige naamwoord: vervolgingsgesag
Meervoud: –
Betekenis:
• Die deel van die staat wat mense vir misdrywe vervolg.
Gebruik:
• Gerrie Nel is bekend vir sy rol as staatsaanklaer in diens van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).
Vertaling:
Engels: prosecuting authority
Nederlands: vervolgende autoriteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|