Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gelyksoortig
gelyksoortig [boodskap #146736] Sun, 20 October 2024 10:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gelyksoortig
Afbreking: ge•lyk•soor•tig
Samestelling: gelyk + soort + -ig


Byvoeglike naamwoord: gelyksoortig
Attributief: gelyksoortige

Betekenis:
• Wat van dieselfde soort is; in dieselfde kategorie val.
• (wiskunde) Met dieselfde noemer, of met dieselfde veranderlike en mag/eksponent.

Gebruik:
• Hoewel die swartkopkanarie en die bontkopkanarie gelyksoortig is, verbaster hulle nie.
Gelyksoortige terme kan bymekaar getel en van mekaar afgetrek word.

Sinoniem:
• eenders
• eensoortig
• eenvormig
• homogeen
• ooreenkomstig
• samehorig
• soortgelyk

Antoniem:
• heterogeen
• ongelyksoortig
• verskillend

Afgelei:
• gelyksoortigheid

Vertaling:
Engels: similar, of the same kind.
Nederlands: gelijksoortig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onbekwaam
Volgende onderwerp: gevoelvol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 05:32:18 UTC 2024