fynbesnaar [boodskap #146734] |
Sun, 20 October 2024 09:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20822 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fynbesnaar
Afbreking: fyn•be•snaar
Samestelling: fyn + besnaar
Byvoeglike naamwoord: fynbesnaar, fynbesnaard
Attributief: fynbesnaarde
Betekenis:
• Wat emosioneel fyngevoelig is.
Gebruik:
• Sy is 'n sagte, fynbesnaarde meisie.
• Die seun is te fynbesnaar om 'n goeie soldaat te word.
Sinoniem:
• fynbesnede
• fyngevoelig
• sensitief
• teerhartig
• teergevoelig
Antoniem:
• grof
• onsensitief
• ongevoelig
Afgelei:
• fynbesnaardheid
Vertaling:
Engels: highly-strung
Nederlands: fijnbesnaard
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|