| frustreer [boodskap #146733] |
So., 20 Oktober 2024 09:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
frustreer
Afbreking: fru•streer
Werkwoord: frustreer
Verlede tyd: het gefrustreer
Teenwoordige deelwoord: frustrerend, frustrerende
Verlede deelwoord: gefrustreerde
Betekenis:
• Om frustrasie te veroorsaak.
• Om nie 'n doel te bereik of aan 'n verwagting te voldoen nie.
Gebruik:
• Jou gesnork frustreer my eindeloos. Dit frustreer my dat ek na al my harde werk nog niks het om te wys nie.
• Die vyand is telkens in sy planne gefrustreer.
Sinoniem:
• belemmer
• dwarsboom
• irriteer
• kniehalter
• pootjie
• teleurstel
• verhinder
• verhoed
• verydel
Afgelei:
• frustrerend
Vertaling:
Engels: to frustrate
Nederlands: frustreren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|