geruisloos [boodskap #146726] |
Sat, 19 October 2024 18:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geruisloos
Afbreking: ge•ruis•loos
Samestelling: geruis + -loos
Byvoeglike naamwoord: geruisloos
Vergrotende trap: geruisloser
Oortreffende trap: geruisloosste
Attributief: geruislose
Betekenis:
• Sonder om 'n geluid te maak.
• Sonder om aandag te trek.
Gebruik:
• Die deur gaan geruisloos oop.
• Die eens magtige Britse ryk het geruisloos ondergegaan.
Sinoniem:
• geluidloos
• klankloos
• onhoorbaar
• stilletjies
• stilweg
Antoniem:
• hard
• lawaaierig
• rumoerig
Afgelei:
• geruisloosheid
Vertaling:
Engels: noiseless, soundless, silent
Nederlands: geruisloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|