glyerig [boodskap #146698] |
Wed, 16 October 2024 11:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20822 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
glyerig
Afbreking: gly•e•rig
Samestelling: gly + -erig
Byvoeglike naamwoord: glyerig
Vergrotende trap: glyeriger
Oortreffende trap: glyerigste
Attributief: glyerige
Partitief: glyerigs
Betekenis:
• Waarop iets maklik kan gly.
Gebruik:
• Die pad is nat en glyerig.
Sinoniem:
• glibberig
• seepglad
• wrywingsvry
Afgelei:
• glyerigheid
Vertaling:
Engels: slippery, slick
Nederlands: glad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|