terugreis [boodskap #146696] |
Wed, 16 October 2024 10:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terugreis
Afbreking: terug•reis
Samestelling: terug + reis
Selfstandige naamwoord: terugreis
Meervoud: terugreise
Betekenis:
• 'n Reis terug na die plek van waar die reis begin is.
Gebruik:
• Tydens die terugreis het die motor sonder brandstof gaan staan.
Antoniem:
• heenreis
Afgelei:
• heen-en-terugreis
Vertaling:
Engels: journey back, return voyage
Nederlands: terugreis
Werkwoord: reis terug, terugreis
Verlede tyd: het teruggereis
Betekenis:
• Om terug na die punt van vertrek te reis.
Gebruik:
• Sy het teruggereis om haar kinders te gaan haal.
Vertaling:
Engels: to travel back
Nederlands: terugreizen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|