droogvoets [boodskap #146684] |
Tue, 15 October 2024 11:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
droogvoets
Afbreking: droog•voets
Samestelling: droog + voet + -s
Byvoeglike naamwoord: droogvoets
Attributief: droogvoetse
Betekenis:
• Met droë voete; sonder om deur water te gaan.
Gebruik:
• Hy het die see in droë land verander; sy volk het droogvoets deur die rivier getrek. [Psalms 66:6]
Vertaling:
Engels: dry-shod
Nederlands: droogvoets
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|