| tarantula [boodskap #146667] |
So., 13 Oktober 2024 09:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tarantula
Afbreking: ta•ran•tu•la
Selfstandige naamwoord: tarantula
Meervoud: tarantulas
Verkleinwoord: tarantulatjie
Meervoud van verkleining: tarantulatjies
Betekenis:
• (informeel) 'n Groot, harige spinnekop in die algemeen, o.a. die voël- of bobbejaanspinnekop (familie Theraphosidae).
• (biologie) Die wolfspinnekop Lycosa tarantula en verwante spesies.
Gebruik:
• Die term tarantula word vandag ten onregte vir allerlei soorte groot en harige spinnekoppe gebruik.
• Volgens 'n ou bygeloof sou 'n byt van 'n tarantula danswoede (tarantisme) veroorsaak.
Sinoniem:
• bobbejaanspinnekop
• tarantel
• voëlspinnekop
Vertaling:
Engels: tarantula
Nederlands: tarantula
Nota:
• Afgelei van die Italiaanse stad Tarente.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|