voorsê [boodskap #146655] |
Fri, 11 October 2024 18:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorsê
Afbreking: voor•sê
Samestelling: voor + sê
Werkwoord: sê voor, voorsê
Verlede tyd: het voorgesê
Betekenis:
• Om iemand te vertel wat om te sê of te doen.
Gebruik:
• Ek sal my nie laat voorsê nie!
Sinoniem:
• dikteer
• influister
• souffleer
• toesê
• voorpraat
• voorskryf
Antoniem:
• nasê
Afgelei:
• voorsêer
• voorsegging
Vertaling:
Engels: to to say in advance
Nederlands: voorzeggen
Werkwoord: voorsê
Verlede tyd: –
Betekenis:
• (ongewoon) Om te voorspel wat in die toekoms gaan gebeur.
Gebruik:
• Niemand kan die toekoms voorsê nie.
Sinoniem:
• profeteer
• voorspel
Afgelei:
• voorsegger
• voorsegster
Vertaling:
Engels: to predict, foretell, forespell
Nederlands: voorzeggen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|