beskuldigdebank [boodskap #146653] |
Vr, 11 Oktober 2024 16:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20770 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beskuldigdebank
Afbreking: be•skul•dig•de•bank
Samestelling: beskuldigde + bank
Selfstandige naamwoord: beskuldigdebank
Meervoud: beskuldigdebanke
Verkleinwoord: beskuldigdebankie
Meervoud van verkleining: beskuldigdebankies
Betekenis:
• Bank in 'n hof waar die beskuldigdes sit.
• (figuurlik) 'n Staat van beskuldiging.
Gebruik:
• Die beskuldigdes het voor die aanvang van die verrigtinge in die beskuldigdebank gekniel en gebid.
• Die regering staan in die beskuldigdebank omdat hulle te min aan onderwys bestee.
Vertaling:
Engels: dock
Nederlands: beklaagdenbank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|