gaas [boodskap #146645] |
Fri, 11 October 2024 10:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20822 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gaas
Afbreking: gaas
Uitspraak: /χɑːs/
Selfstandige naamwoord: gaas
Meervoud: gase
Verkleinwoord: gasie
Meervoud van verkleining: gasies
Betekenis:
• Deursigtige, los geweefde materiaal met klein gaatjies daarin.
• 'n Vlegwerk van metaaldraad (ogiesdraad).
Gebruik:
• Die verpleegster maar die wond skoon en bedek dit met gaas.
• Die boer bou 'n hoenderhok met pale en gaas.
Hiponiem:
• borduurgaas
• galgaas
• insektegaas
• karbolgaas
• metaalgaas
• rotgaas
• styfgaas
• sygaas
• verbandgaas
• vetgaas
• vlieëgaas
Afgelei:
• gaasagtig
• gaasband
• gaasbedekking
• gaasborduurwerk
• gaasdeur
• gaasdoek
• gaasdraad
• gaasgordyn
• gaaskant
• gaasverband
• gaaswerk
Vertaling:
Engels: gauze, netting
Nederlands: gaas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|