reduplikasie [boodskap #146620] |
Tue, 08 October 2024 10:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20822 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
reduplikasie
Afbreking: re•du•pli•ka•sie
Samestelling: re- + duplikasie
Selfstandige naamwoord: reduplikasie
Meervoud: reduplikasies
Betekenis:
• Die verdubbeling van 'n woord, sinsnede, of 'n deel daarvan om 'n nuwe woord te vorm.
Gebruik:
• Woorde soos mama, papa, gou-gou, nou-nou, plek-plek en sing-sing is voorbeelde van reduplikasie.
• Lag beteken 'om geluide te maak as iets snaaks is', terwyl die reduplikasie daarvan, lag-lag, 'maklik' beteken.
Sinoniem:
• verdubbeling
Afkorting:
• redupl.
Afgelei:
• redupliserend
• reduplisering
Vertaling:
Engels: reduplication
Nederlands: reduplicatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|