kripties [boodskap #146562] |
Mon, 30 September 2024 13:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kripties
Afbreking: krip•ties
Byvoeglike naamwoord: kripties
Vergrotende trap: kriptieser
Oortreffende trap: kriptiesste
Attributief: kriptiese
Betekenis:
• Wat baie kort en bondig is, in so 'n mate dat dit moeilik is om te verstaan.
Gebruik:
• Die blokkiesraaisel se kriptiese leidrade het ons laat kopkrap.
Sinoniem:
• bondig
• epigrammaties
• kort
• obskuur
• onduidelik
Vertaling:
Engels: cryptic
Nederlands: cryptisch
Nota:
• Van Latyn 'crypticus' (verborge).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|