handvol [boodskap #146560] |
Sun, 29 September 2024 19:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
handvol
Afbreking: hand•vol
Samestelling: hand + vol
Selfstandige naamwoord: handvol
Meervoud: handevol
Verkleinwoord: handjievol
Meervoud van verkleining: handjiesvol
Betekenis:
• Soveel as wat 'n mens in 'n hand van hou.
• (figuurlik) 'n Klein hoeveelheid.
Gebruik:
• Vat sommer 'n handvol springmielies.
• Daar was net 'n handjievol mense in die kerk.
Spreekwoord:
• Sy is 'n handvol. [Baie lastig of moeilik.]
• Meisies is nie 'n handvol nie, maar landvol. [Daar is baie om van te kies.]
Sinoniem:
• klompie
• min
• weinig
• lastig
• moeisaam
Verwant:
• mondvol
Vertaling:
Engels: handful, fistful
Nederlands: handvol
Nota:
• Kan ook los, as twee woorde, geskryf word.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|