veins [boodskap #146536] |
Tue, 24 September 2024 16:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veins
Afbreking: veins
Werkwoord: veins
Verlede tyd: het geveins
Betekenis:
• Om voor te gee wat nie so is nie (met die doel om te mislei).
Gebruik:
• Sy veins as sy maak of sy belangstel.
• Münchausen-sindroom is 'n psigiatriese steuring waarin individue siekte of trauma veins.
Sinoniem:
• bedrieg
• flous
• fop
• huigel
• lieg
• mislei
• simuleer
• voordoen
• voorgee
• voorwend
Afgelei:
• veinsaard
• veinser
• veinsery
Vertaling:
Engels: to pretend, fake, simulate, feign
Nederlands: veinzen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|