afsku [boodskap #146509] |
Sun, 22 September 2024 09:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afsku
Afbreking: af•sku
Samestelling: af + sku
Selfstandige naamwoord: afsku
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Sterk afkeur; gevoel van weersin en walging.
Gebruik:
• Maar daarna het hy haar verag; hy het 'n groot afsku in haar gekry, en sy afsku was baie groter as sy verliefdheid. [2 Samuel 13:15]
Sinoniem:
• afgryse
• afkeer
• renons
• teensin
• verafskuwing
• walging
• weersin
Afgelei:
• afskuwekkend
• afskuwelik
• verafsku
Vertaling:
Engels: horror, disgust, revulsion, abhorrence
Nederlands: afschuw
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|