Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opdra
opdra [boodskap #146500] Sat, 21 September 2024 10:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20951
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
opdra
Afbreking: op•dra
Samestelling: op + dra


Werkwoord: dra op, opdra
Verlede tyd: het opgedra

Betekenis:
• Om boontoe (na 'n hoër plek) te dra.
• Om iets te dra totdat dit oud en opgebruik is.
• (formeel) Om iemand aan te sê om iets te doen.
• (figuurlik) Om te prys of respek te betoon.

Gebruik:
• Sy dra die skinkbord teen die trappe op.
• Jy moet eers jou ou skoene opdra voordat jy nuwes koop.
• Ons sal alles doen wat u ons opdra, ons sal gaan waar u ons ook al stuur. [Josua 1:16]
• Hy het die boek aan sy ouers opgedra.

Sinoniem:
• opgebruik
• aanprys
• oplê
• toewens
• toewy
• wy
• aansê
• beveel
• belas

Antoniem:
• afdra

Vertaling:
Engels: to carry up; to use up; to instruct, charge with; to dedicate
Nederlands: opdragen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kombinering
Volgende onderwerp: breinkanker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 03 01:50:11 UTC 2025