menswees [boodskap #146498] |
Sat, 21 September 2024 08:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
menswees
Afbreking: mens•wees
Samestelling: mens + wees
Selfstandige naamwoord: menswees
Meervoud: –
Betekenis:
• Die menslike bestaan; toestand om 'n mens te wees en ander menswaardig te behandel.
Gebruik:
• Om te groei en te leer is deel van menswees.
• Is tegnologie besig om ons menswees te erodeer en ons in robotte te verander?
Vertaling:
Engels: being human
Nederlands: mens zijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|