gegewe [boodskap #146496] |
Fri, 20 September 2024 15:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gegewe
Afbreking: ge•ge•we
Byvoeglike naamwoord: gegee
Attributief: gegewe
Betekenis:
• Wat aan iemand gegee is.
• Wat vooraf bepaal of vasgestel is.
• (ongewoon) Sterk verlede deelwoord van gegee.
Gebruik:
• Lees die gegewe teks deeglik deur. Skryf jou antwoord in die gegewe spasie.
• Jy moet die taak binne die gegewe tyd voltooi.
• Hy mis die die eens gegewe en toe genome liefde van sy vrou.
Spreekwoord:
• 'n Gegewe perd in die bek kyk. ['n Geskenk kritiseer.]
• Eers gegewe, bly gegewe. [Wat gegee is kan nie teruggevat word nie.]
Sinoniem:
• afgesproke
• bepaalde
• uitgereikte
• vasgestelde
Hiponiem:
• aangegewe
• ingegewe
• godgegewe
• omgegewe
• uitgegewe
Afgelei:
• gegewenheid
Vertaling:
Engels: given
Nederlands: gegeven
Selfstandige naamwoord: gegewe
Meervoud: gegewens
Verkleinwoord: gegewetjie
Meervoud van verkleining: gegewetjies
Betekenis:
• 'n Bekende geval of feit, of 'n aanname wat as waar aanvaar word.
Gebruik:
• Verandering is 'n gegewe!
• Dit is 'n gegewe dat die pryse verder verhoog sal word.
Sinoniem:
• aanname
• bekende
• feit
• inligting
• premis
• sekerheid
• uitgangspunt
• veronderstelling
Vertaling:
Engels: premise, data, information
Nederlands: gegeven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|