kompleet [boodskap #146490] |
Thu, 19 September 2024 15:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kompleet
Afbreking: kom•pleet
Byvoeglike naamwoord: kompleet
Vergrotende trap: kompleter
Oortreffende trap: kompleetste
Attributief: komplete
Partitief: kompleets
Betekenis:
• Volledig of voltallig.
• Presies.
Gebruik:
• Die karavaan is ten volle toegerus, kompleet met 'n badkamer, dubbelbed en lugreëling.
• Dit lyk kompleet of hy 'n laaistok ingesluk het!
Sinoniem:
• akatalekties
• algeheel
• heeltemal
• onbeskadig
• ongedeerd
• ongeskonde
• perfek
• presies
• totaal
• volkome
• volledig
• voltallig
• volslae
Antoniem:
• inkompleet
Afgelei:
• kompleetheid
Vertaling:
Engels: complete, completely, thoroughly, utterly; just like
Nederlands: kompleet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|