Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afkyk
afkyk [boodskap #146470] Mon, 16 September 2024 13:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20951
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
afkyk
Afbreking: af•kyk
Samestelling: af + kyk


Werkwoord: kyk af, afkyk
Verlede tyd: het afgekyk

Betekenis:
• Om onder toe te kyk.
• Om op iemand neer te sien.
• Om skelm van iemand anders af te loer.

Gebruik:
• Sy kyk oor die afgrond af.
• Moenie afkyk op ander wat na jou opkyk nie.
• Hy het so goed gedoen omdat hy by sy maatjie afgekyk het.

Sinoniem:
• afloer
• afskryf
• afsien
• koekeloer
• neerkyk
• neersien
• spioeneer

Antoniem:
• opkyk

Afgelei:
• afkyker
• afkykery

Vertaling:
Engels: to look down; to look down on; to crib, spy
Nederlands: afkijken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ampswoning
Volgende onderwerp: ballade
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 03 02:01:14 UTC 2025