kontrasterend [boodskap #146444] |
Do, 12 September 2024 17:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20771 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kontrasterend
Afbreking: kon•tra•ste•rend
Samestelling: kontrasteer + -end
Byvoeglike naamwoord: kontrasterend
Attributief: kontrasterende
Betekenis:
• Vol kontras. Wat sterk van mekaar verskil.
Gebruik:
• Beide kunstenaars werk in swart en wit, maar hulle werk kan nie meer kontrasterend wees nie.
• Blou en oranje is kontrasterende kleure.
Sinoniem:
• strydig
• teenstellend
Antoniem:
• identies
Vertaling:
Engels: contrasting
Nederlands: contrasterend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van kontrasteer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|