Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog monsters
Nog monsters [boodskap #19048] |
So, 08 November 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi skryf oor die sosiale voordele van skoolbywoning:
<<On Thu, 05 Nov 1998 17:18:56 GMT, oos...@geocities.com wrote:
<<>Dis dus nie nodig om die kinders na die skool te stuur om die voordele van die
> verskeidenheid te geniet nie - dis in die gemeenskap rondom hulle, om elke dag
> ervaar te word?>>
Nee. Dink dieper.>>
OK, ek dink dieper:
Jy sê A:
<<As hulle nie saam op skool was nie, het hulle nie gemeenskaplikhede
gedeel nie. Dan het hulle nie vriende geword nie, maar eenvoudig in
dieselfde woonbuurt gewoon.>>
Ek verstaan nie wat jy hier bedoel nie. Wil jy sę dat die mense in die buurt
waar jy woon nie gemeenskaplikhede deel nie, en nie vriende word nie?
En sę jy B, wat jy aanvoer as bewys vir A:
<<Die bewys daarvan is die kinders in die woonbuurt wat na ander skole
toe gaan. My kinders en my kinders se maats het geen sosiale
wisselwerking met hulle nie. As hulle van hulle weet is dit bloot
toevallig en gaan dit nie verder as oppervlakkige kennis nie.>>
Ek dink nie dat B noodwendig bewys is van A nie. B kan ook ‘n aanduiding wees
daarvan dat ‘n skool sosiale skeiding veroorsaak tussen mense wat in die
skool is en mense wat nie in die skool is nie. In hierdie opsig stem dit
ooreen met die goedgekontroleerde bevindings van verskeie navorsers soos
Chatham-Carpenter waarna ek tevore hier verwys het.
In besonder bevind hulle dat die sosiale blootstelling van kinders in skole
amper volledig beperk word tot blootstelling aan mense van dieselfde ouderdom
(plus of minus twee jaar). Die effek hiervan manifesteer dan ook in ander
navorsing wat vind dat die sosiale ontwikkeling van kinders in skole beduidend
vertraag word. Dit sluit hul vermoë in om funksioneel te reageer op sosiale
situasies wat hulle nie tevore teëgekom het nie. (Een sielkundige verklaring
vir hierdie empiriese waarnemeings is dat die kinders nie blootgestel word aan
mense met ‘n verskeidenheid lewenservaring nie – dit verskraal die insette wat
bydra tot die ontwikkeling van ‘n realistiese selfkonsep.)
Onderwysdepartemente węreldwyd (SA uitgesonderd) reageer hierop met programme
wat miljarde dollar, deutchmark, ens bedra en wat daarop gemik is om
“mulitigenerational tutoring”, “family literacy” ens te bevorder. Die sg.
“school-to-work”-program in die VSA is maar een van honderde sulke
inisiatiewe.
My eie waarnemings in die verband interesseer my nogal – in skole gebeur dit
dikwels dat ‘n standerd twee (of agt) nie graag gesien wil word dat hy met ‘n
standerd een (of sewe) praat nie – wat nog van ‘n graad tweetjie (of standerd
sessie). Ek het ‘n verklaring van ‘n ouer (wat ook ‘n opvoedkundige
sielkundige is) wie se kind nie toegelaat is om van standerd vier na standerd
vyf te spring nie, ten spyte van etlike onafhanklike sielkundige
aanbevelings. Die rede wat die departement gegee het, op aanbeveling van die
onderwysers in die skool, is dat die standerd vyfs hom nie sou aanvaar nie.
(Hy was ses maande jonger as die “minimum”-ouderdom vir standerd vyf! In ‘n
land met ‘n grondwetlike verbod op diskriminasie op grond van ouderdom!)
Onder kinders wat nie in skole is nie, is dit vir my opmerklik om te sien
hoedat hulle ‘n daglank kan saamspeel, van speenoud tot matriek. Omgekeerd, is
dit opmerklik hoe gemaklik hierdie selfde kinders met volwassenes kommunikeer.
My waarnemings in hierdie verband word bevestig deur verskeie gesaghebbende
ondersoeke wat bevind dat kinders wat nie skole bywoon nie beduidend meer
sosiaal volwasse is, meer sosiaal buigsaam is, en meer geneigd is om vreemde
kinders by ‘n groep in te sluit.
<<Ek veronderstel 'n mens moet eers betrokke wees by n skool - soos
kinders op die skool he - om te weet hoe n skool n gemeenskap inmekaar
kan laat pas. >>
Ek stem saam. In hierdie opsig steun ek baie sterk op die feit dat ek en my
vrou amper ‘n kwarteeu se intense betrokkenheid het by vyf verskillende skole
in verskillende dele van die land – as leerders in daardie skole.
<<Hoe dit nie alleen die kinders onderling belangrike gemeenskaplike
ervarings gee nie - wat wissel van gesamentlike opofferinge vir
buitemuurse aktiwiteit gegrond in die skool,>>
Ek weet nie wat die praktyk in jou omgewing is nie. Ek tel egter elders op dat
die meeste skole besig is om hul buitemuurse aktiwiteite los te maak van die
skool en in klubverband te organiseer. Klubs en ander fasiliteite wat oop is
vir alle lede van die gemeenskap. Die gevolg is dat die betrokke aktiwiteite
nie beperk is tot leerders van die skool nie. Andersyds vind mens dat kinders
van een skool dikwels betrokke is by buitemuurse aktiwiteite wat by ‘n ander
skool aangebied word. Maar nie net kinders nie – volwassenes ook. Die neiging
is dat die aktiwiteit (van sport to skaak tot musiek) heeltemal los van die
skool gesien word, behalwe dat dit die fasiliteite van die skool gebruik – net
soos ‘n kerkgenootskap wat die saal op Sondag gebruik, of ‘n
belastingbetalersvereniging wat dit op Vrydagaand gebruik. Omtrent die enigste
uitsondering hierop is atletiek wat nog sterk met skole ge-assosieer word.
<<tot optredes deur kinders
in en by die skool wat reels van die samelewing skend en die reaksie
wat dit het en ontlok>>
Interessant dat jy dit noem. Daar is heelwat mense wat tot die gevolgtrekking
kom dat kinders in skole meer geneigd is om “reëls van die samelewing te
skend” as enige ander identifiseerbare sektor van die samelewing. Daar is dan
ook interessante navorsing gedoen wat ‘n verband vind tussen skoolbywoning en
misdaad.
Op anekdotiese vlak vind ek deesdae dat al meer mense tuisonderwys vir hul
kinders oorweeg nadat hulle ‘n positiewe ontwikkeling waargeneem het in die
gedrag van ‘n familielid of ‘n kind van vriende wat ‘n “probleemkind” was, en
wat ontpop het tot ‘n bedagsame en sosiaal aktiewe lid van die samelewing
binne maande nadat hy opgehou het om die skool by te woon. Twee van hierdie
gevalle het ek self waargeneem.
Vir sover hierdie waarnemings geldig is, skryf ek dit toe aan ‘n gebrek aan
leiding in skole. Sosioloë en bestuurswetenskaplikes is van oordeel dat een
mens nie behoorlike leiding kan verskaf aan meer as sewe tot twaalf ander
mense nie. Maar in skole verwag ons van onderwysers om leiding te gee aan
dertig tot sestig. Om nie te praat van die getalsverhouding tussen kinders en
toesighoudende onderwysers op die speelgrond nie. Ons vereis dus van
onderwysers om leiding en toesig te verskaf oor veel groter getalle mense as
wat op enige ander plek in die samelewing aanvaarbaar is (behalwe miskien in
tronke – selfs die infanterie het ‘n beter verhouding).
Dit moet ons dus nie verbaas as skoolkinders, wat nog besig is om hul sosiale
vermoëns en die “reëls van die samelewing” te leer baie meer dikwels daardie
reëls skend nie, bloot omdat hulle ontoereikende leiding ontvang in die
ontwikkeling van hul sosiale vaardighede. In die praktyk op skool gronde is
dit gewoon ‘n kwessie van onkundiges en onbeholpenes “sharing their
ignorance”.
<< - maar ook hoe dit ouers kan saambind.
My kinders het vriende wat hulle NOOIT sou leer ken het as hulle nie
in dieselfde skool was nie. En ek en my vrou het van daardie kinders
se ouers leer ken. Ons sou hulle nooit ontmoet het as dit nie vir die
skool was nie.
En die ontmoetinge het nie alleen ons (en ons kinders) se vriendekring
uitgebrei nie, maar ook lewenskennis vergroot.
>>
‘n Mens moet miskien ook die moontlikheid oorweeg dat daar mense is wat jou
kinders, en jy en jou vrou, nooit sal ontmoet nie, juis omdat ‘n mens se
sosiale lewe so deur ‘n skool in beslag geneem kan word (Ek het eenmaal ‘n
stuk navorsing teëgekom wat bevind dat die sosiale lewe van gesinne met
kinders letterlik bepaal word deur die kinders.)
Ek, daarenteen, kan letterlik honderde voorbeelde noem van mense wat my
kinders, my vrou en ek nooit sou ontmoet het as my kinders in ‘n skool was nie
– terselfdertyd ken ons die meeste kinders in die plaaslike skool en hul
gesinne.
<<Die skool doen ook talle ander dinge: My kinders bespreek byvoorbeeld
goed wat kinders doen of nie doen nie en vrae dringende morele vrae om
dit. Dan moet ons dit bespreek. Dan kom dit weer op as ander mense
kuier wat ook kinders op die skool het. Dan word dit weer bespreek -
met n effens ander aanslag.>>
Maar wat laat jou dink dat dit nie gebeur in gesinne waarvan die kinders nie
skoolgaan nie?
<<Dis nie teorie nie. Dis werklikhede -
gedoen en gesien onder en deur die kindergemeenskap van die skool - en
as sulks ontlok dit nog passievolle belangstelling by die kinders.
Al sulke dinge wat n mens waarskynlik net van weet as jy die ervaring
het. Dis nie akademiese teorie nie.>>
Nou ja, soos ek sę, my vrou en ek het saam ‘n kwarteeu se ervaring as leerders
in ‘n skool. Dis nie teorie nie. Dis werklikheid.
Daarbenewens het die twee van ons verlede jaar 1700 telefoniese gesprekke
gehad met mense wat hul kinders uit skole wou haal. Vanjaar is daardie getal
reeds teen Juniemaand bereik. Dis nou benewens die gesprekke wat ek met mense
het tydens die tientalle seminare en werkwinkels wat ek oor die afgelope jare
aangebied het en waartydens mense intensief met mekaar praat oor juis die
soort ding wat jy hierbo noem. Ek sou sulke gesprekke beswaarlik as
“akademiese teorie” beskou.
Ek wil egter herhaal wat ek vir ons naamlose vrien uit twin cities gesę het –
ek is oortuig daarvan dat elke kind se ouers die mense is wat in die beste
posisie is om te bepaal wat in die kind se beste belang is – dit sluit in
besluite oor skoolbywoning.
<<My kinders se lewe in oneindig meer gevarieerd en vol honderde meer
fasette OMDAT hulle op skool is. En my lewe ook.>>
Maar watter ervaring het jy om oordele uit te spreek oor die omstandighede van
gesinne wie se kinders nie in ‘n skool is nie? Met ander woorde: waarop grond
jy die vergelykende stelling wat jy in jou laaste sin maak?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: Nog monsters [boodskap #19117 is 'n antwoord op boodskap #19048] |
Wo, 11 November 1998 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 08 Nov 1998 18:57:18 GMT, oos...@geocities.com wrote:
><<>Jy sę A:
>><<As hulle nie saam op skool was nie, het hulle nie gemeenskaplikhede
>> gedeel nie. Dan het hulle nie vriende geword nie, maar eenvoudig in
>> dieselfde woonbuurt gewoon.>>
>
> Ek verstaan nie wat jy hier bedoel nie. Wil jy sê dat die mense in die buurt
> waar jy woon nie gemeenskaplikhede deel nie, en nie vriende word nie?>>
My kinders was vriende met ander kinders bo in die straat. Toe gaan
hulle na verskillende skole. Die sterf hulle mekaar af.
Gemeenskaplikhede wat gedeel word is seker voor die hand liggend. Van
onderwysers wat onregverdig optree tot boelies wat gehanteer moet word
tot take waarin hulle mekaar help.
n Goeie voorbeeld is byvoorbeeld n taak wat hulle moes doen vroeer
vanjaar: So vyf moet saam werk om n nuwe "board game" te ontwikkel
waar taal-beginsels en taal- vrae geleer moet word.
Hulle moet dit saam doen.
In een geval het een kind n goeie groep gehad wat saamgewerk het. In
die ander geval het die ander kind na n tyd gesien as sy en ieand
ander dit nie doen nie, gaan alles crash.
<<>Ek weet nie wat die praktyk in jou omgewing is nie. Ek tel egter elders op dat
> die meeste skole besig is om hul buitemuurse aktiwiteite los te maak van die
> skool en in klubverband te organiseer. >>
Buitemuurs is nie net sport en sulke dinge nie.
Dis ook goed wat die kinders self onder mekaar reel.
En natuurlik dinge soos weeklange "skool-trips".
<<>Interessant dat jy dit noem. Daar is heelwat mense wat tot die gevolgtrekking
> kom dat kinders in skole meer geneigd is om "reëls van die samelewing te
> skend" as enige ander identifiseerbare sektor van die samelewing. Daar is dan
> ook interessante navorsing gedoen wat 'n verband vind tussen skoolbywoning en
> misdaad.>>
Met ander woorde daar is n lewendige wisselwerking met gesag en reels.
En n lewendige reaksie ook daarteenoor.
My kinders het al verskeie kere moraliteit en dinge ondersoek aan die
hand van praktiese voorbeelde wat om hulle gebeur het.
Dit wissel van "urban legends" onder kinders - dinge soos spoke wat
glo in die toilette woon en kinders se vrese aan die loop sit - tot
die gewone drank/rook-goed tot rassisme - teen hulle en teen ander.
En hulle het al deur n jaar gegaan van n juffrou waarvoor hulle gelag
het vanwee haar simpel idees (dit was nie n belangrike vak nie -
guidance of so iets).
Ek het eers gewonder of ek moes gaan kla toe besluit ek dit dalk beter
dat hulle dit self ondersoek en die simpel juffrou kan vergelyk met
die "great" een - en begin dink hoekom hulle so teenoor die twee
reageer.
Hulle het geleer om dit wat die juffrou se, te bevraagteken en te
toets.
<<>Ek wil egter herhaal wat ek vir ons naamlose vrien uit twin cities gesę het –
> ek is oortuig daarvan dat elke kind se ouers die mense is wat in die beste
> posisie is om te bepaal wat in die kind se beste belang is – dit sluit in
> besluite oor skoolbywoning.>>
Ja. Vir my kinders werk dit om skool toe te gaan.
En pluspunte soos - hulle het n wiskunde en wetenskap onderwyseres
vir wie hulle oneindige respek het en wat by hulle n aanvaarding van
die twee vakke tuisbring wat ek nie sal kan nie.
En die onderwyseres se klaskamer is ook vol diere wat n soort
ekostelsel om die kinders uitmaak.
Hulle sien die klein rotjies wat gebore is. En hulle sien die
luislang. En dan sien hulle die rotjies word die kos vir die luislang
- daar is baie ander, maar dit is die mees onlangse een wat n indruk
op hulle gemaak het.
Dis deel van HULLE klas. HULLE skool.
|
|
|
Re: Nog monsters [boodskap #19152 is 'n antwoord op boodskap #19048] |
Do, 12 November 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum"
> Die grootste nadeel is die skeiding wat dit maak tussen mense van
> verskillende ouderdom, generasie, en lewenservaring. Hierdie verskynsel het
> dan ook oënskynlik 'n meetbaar negatiewe effek op die
> persoonlikheidsontwikkeling van kinders wat in skole opgevoed word.
Hier maak jy die ooglopende fout wat
alle "tuisonderwys"-propagandiste maak:
dat "kinders in skole OPGEVOED word."
Laasgenoemde sal alleen moontlik wees
as hulle 24 uur 'n dag in 'n skool
opgesluit is. Dierbaarheid, die kinders
is baie by die huis. Hier in Noord-Amerika
vir meer as twee maande oor die somer. En
dan vir talle korter onderbrekings
tussenin. Al die dinge wat jy voorhou as
opvoedkundig, en wat jou kinders by die
huis doen, het my kinders ook by die
huis ervaar - die wurms in die grond,
die voeltjies in die agterplaas, die
omies in die straat wat vrae beantwoord.
En wanneer hulle groter word: een van
my kinders het 'n ou Commodore-rekenaar
se programmering uitgedruk en 'n nuwe
soort "machine language" probeer skryf.
Probeer. Alles tuis. Maar in die proses
genoeg geleer van rekenaars-argitektuur
dat hy twee van sy klasse (een by die
Universiteit van Waterloo en een in
Frankryk by die Tegniese Universiteit
van Compiegne) kinderspeletjies gevind
het juis omdat hy by die huis met die
rekenaar in Graad 10 en 11 rondgespeel het.
Maar dit was ook dieselfde kind vir wie
ek drie sakkies kos moes maak omdat hy
meeste dae drie keer basketball moes
oefen en eers teen die laatmiddag by
die huis kon aankom. Om dan sy verrykte
kursusse se huiswerk te kom doen. Sulke
kinders het werklik hare op hulle tande.
Gloudina
|
|
|
Re: Nog monsters [boodskap #19153 is 'n antwoord op boodskap #19048] |
Do, 12 November 1998 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 13 Nov 1998 01:07:30 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
> tot take waarin hulle mekaar help.[/color]
>
> Nee, ek het verwys na gemeenskaplikhede wat _al_ die inwoners van 'n
> woonbuurt met mekaar deel - nie net die kinders in die skole nie. Soos toe
> ma, die kinders en die tannie oorkant die straat die munispale werkers
> gekeer het om die boom af te saag waarin die valk broei - party het onder
> die boom gaan staan terwyl ander die raadslid en die burgermeester bel. Soos
> verlede week toe hulle saam met die oom sy robot bedyf het wat die rioolpype
> ondersoek, en tevore toe hulle met die ander oom die plasing bespreek het
> van die wit streep by die stopstraat (hoekom so ver terug). Soos om die
> polisie te bel as 'n kwaadwillig gesinde buurman voëls skiet met 'n windbuks
> ('n misdryf), om die oom van die elektrisiteitsafdeling te "help" om die
> straatlig te herstel - en in sy hyskraan te ry, om blokkiesraaisels en
> boekresensies te skryf vir 'n nuusbrief, en om ma en die ander tannies te
> help om koeverte te vul, addresseer, en pos, ens... ens.. ens.. - alles
> terwyl die ander kinders in die skool sit.>>
My kinders het albei.
Want hulle het die skool en dan kom hulle terug huis toe ook.
huis kan 'n groot projek word.>>[/color]
My kinders het dit ook in die huis.
En dan BOONOP het hulle dit met akademiese oefeninge wat hulle self -
heeltemal op hul eie - in die skool-verband hanteer.
>>
>> Buitemuurs is nie net sport en sulke dinge nie.
>> Dis ook goed wat die kinders self onder mekaar reel.
>
> Kinders het nie nodig om in skole te wees om onder mekaar sulke dinge te
> reël nie.>>>
Tegnies korrek maar ek kan jou nou se in my ondervinding is daar in
REALITEIT omtrent GEEN kans dat ouers sal byeenkom om n trip Natal toe
te reel EN te doen vir 30 kinders oor n week nie.
By die skool is daar so drie sulke goed per jaar.
hulle daarby ingelsuit kan word.>>[/color]
En dan in julle dae gewy aan besoeke aan museums, planetariums en so
aan?!
Waarskynlik nie.
Die skool trips is.
En n lewendige reaksie ook daarteenoor.[/color]
>> My kinders het al verskeie kere moraliteit en dinge ondersoek aan die
>> hand van praktiese voorbeelde wat om hulle gebeur het.
>
> Natuurlik. Die argument is egter dat dit lyk asof universele skoolbywoning
> die vlak van misdaad onder kinders van skoolgaande ouderdom _verhoog_.>>
Weereens lyk dit nie objektief getoets nie.
Soos: Gooi al die kinders uit die skool en se die ouers moet nou self
opvoed en ons kyk wat gebeur met die misdaadsyfer.
soos ek tevore getoon het, in die afwesigheid van toereikende leiding oor[/color]
> hoe om dit te hanteer. >>
En tuis sal hulle dit kry?! Die massa van die wereld se kinders?!
> glo in die toilette woon en kinders se vrese aan die loop sit - tot[/color]
>> die gewone drank/rook-goed tot rassisme - teen hulle en teen ander.
>
> Ek het tevore daarna verwys dat ek verneem dat die kinders in die plaaslike
> skool sceances hou om geeste van afgestorwenes op te roep. Ek het die storie
> van my kinders verneem - en waar sou hulle dit vandaan kry? Van die maatjies
> in die skool.>>
Ek kan nou vir jou eerstehand iets daarvan se want ek het kinders op
skool.
Dis die ou glasie-glasie-storie.
En stories soos: Die kinders se as jy n glas op die grond sit en drie
keer se "glassy glassy kill me" (of so iets) dan vlieg die glas op en
maak jou dood.
Dit het so n week geduur by my kinders se skool want - soos dit in n
skool-samelewing gaan - word die "bluff" te veel kere geroep. Te veel
kinders se: " Ag twak man." Gaan staan voor n glas se dit drie keer en
almal lag vir die verspreider van die storie wanneer niks gebeur nie.
Ek kan natuulik die situasie lekker vorentoe projektee in ander "urban
legends" vam allerlei aarde wat mens in die volwasse lewe ook teekom.
het vanwee haar simpel idees (dit was nie n belangrike vak nie -[/color]
>> guidance of so iets).
>> Ek het eers gewonder of ek moes gaan kla toe besluit ek dit dalk beter
>> dat hulle dit self ondersoek en die simpel juffrou kan vergelyk met
>> die "great" een - en begin dink hoekom hulle so teenoor die twee
>> reageer.
>> Hulle het geleer om dit wat die juffrou se, te bevraagteken en te
>> toets.
>
> Ek dink dit is 'n baie goeie manier om die situasie te hanteer.>>
Ja dit was waarskynlik "lateral teaching".
|
|
|
Re: Nog monsters [boodskap #19154 is 'n antwoord op boodskap #19153] |
Do, 12 November 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Fri, 13 Nov 1998 01:07:30 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> Ek sien jy haal baie akademies aan.
> Sou n mens nie kon se dat die stukkie oor langtermyn-verhoudings so
> half ongetoets in SA is nie?
Inteendeel. Dit word algemeen in die sielkunde aanvaar - soos bevestig deur
navorsing plaaslik en in die buiteland - dat verhoudings in skole oorwegend
oppervlakkig is - dit moet so wees, om doeltreffend te kan funksioneer.
Verhoudings in gesinne, daarenteen, is gewoonlik meer langdurig, meer intiem
en meer ondersteunend -soos mens op grond van algemene kennis kan verwag. (Of
dink jy dit is "akademies" om te beweer dat gesinsverhoudinge meer langdurig
is as skoolverhoudinge?) Daar is wel sterk bevindings dat gesinsverhoudinge
beduidend sterker en meer betekenisvol vir die kind is wanneer die kinders
nie skole bywoon nie.
Waar dit die duur van verhoudinge tussen kinders aangaan - my bewering is
geensins akademies nie, en dit is inderdaad ongetoets - ek het dit
gerapporteer as "dit lyk vir my asof", en die opmerking beperk tot wat ek by
my eie kinders waarneem. Ek het dus nie voorgegee dat dit 'n gekontroleerde
bevinding is nie.
> En is dit nie waar dat daar geen objektiewe toets daarvoor KAN wees
> nie?
> Daarvoor sal dieselfde kind mos deur albei kanale moet gaan. Twee keer
> moet leef as't ware.
Nie heeltemal korrek nie. As jy reg was, sou dit nie moontlik wees om te bewys
dat AZT voordele het vir vigslyers nie (of oorplantings vir nierversaking nie,
ens.)
Daar is verskeie maniere om 'n gekontrolleerde eksperiment te ontwerp om so
iets te toets.
>
> >> onderwysers wat onregverdig optree tot boelies wat gehanteer moet word
>>> tot take waarin hulle mekaar help.
>>
>> Nee, ek het verwys na gemeenskaplikhede wat _al_ die inwoners van 'n
>> woonbuurt met mekaar deel - nie net die kinders in die skole nie. Soos toe
>> ma, die kinders en die tannie oorkant die straat die munispale werkers
>> gekeer het om die boom af te saag waarin die valk broei - party het onder
>> die boom gaan staan terwyl ander die raadslid en die burgermeester bel. Soos
>> verlede week toe hulle saam met die oom sy robot bedyf het wat die rioolpype
>> ondersoek, en tevore toe hulle met die ander oom die plasing bespreek het
>> van die wit streep by die stopstraat (hoekom so ver terug). Soos om die
>> polisie te bel as 'n kwaadwillig gesinde buurman voëls skiet met 'n windbuks
>> ('n misdryf), om die oom van die elektrisiteitsafdeling te "help" om die
>> straatlig te herstel - en in sy hyskraan te ry, om blokkiesraaisels en
>> boekresensies te skryf vir 'n nuusbrief, en om ma en die ander tannies te
>> help om koeverte te vul, addresseer, en pos, ens... ens.. ens.. - alles
>> terwyl die ander kinders in die skool sit.>>
>
> My kinders het albei.
> Want hulle het die skool en dan kom hulle terug huis toe ook.
Dit is moontlik dat dit in die geval van jou kinders so is, maar volgens die
navorsing tot ons beskikking is dit beslis nie die geval met die gemiddelde
kind wat 'n skool bywoon nie. Sulke kinders se interaksie met mense wat nie in
die skool is nie (en wat meer as twee jar van hulle verskil in ouderdom) is
aanmerklik verskraal.
>
> > huis kan 'n groot projek word.>>
>
> My kinders het dit ook in die huis.
> En dan BOONOP het hulle dit met akademiese oefeninge wat hulle self -
> heeltemal op hul eie - in die skool-verband hanteer.
Dit mag so wees, in die geval van jou kinders. Ongelukkig het niemand nog
daarin geslaag om te toon dat die akademiese oefeninge in skole enige voordeel
bring bo die dinge wat kinders doen wat hul onderwys by die huis kry nie. En
daar is tientalle ondersoeke gedoen in verskeie lande, deur onafhanklike
ondersoekers, universiteite, en onderwysdepartemente. Om die waarheid te se,
die aanduidings is baie sterk dat die akaddemiese oefeninge is skole _minder_
bereik as die dinge wat kinders doen wat hul onderwys by die huis ontvang.
En nee, daar was nog geen empiriese ondersoeke in SA nie, maar daar is ook
geen aanduidings gevind dat dit hier anders sal wees nie.
>
>
>>>
>>> Buitemuurs is nie net sport en sulke dinge nie.
>>> Dis ook goed wat die kinders self onder mekaar reel.
>>
>> Kinders het nie nodig om in skole te wees om onder mekaar sulke dinge te
>> reël nie.>>>
>
> Tegnies korrek maar ek kan jou nou se in my ondervinding is daar in
> REALITEIT omtrent GEEN kans dat ouers sal byeenkom om n trip Natal toe
> te reel EN te doen vir 30 kinders oor n week nie.
> By die skool is daar so drie sulke goed per jaar.
Ek stem saam. Ek beskou dit egter nie as 'n ernstige opvoedkundige verlies
nie.
>
> > hulle daarby ingelsuit kan word.>>
>
> En dan in julle dae gewy aan besoeke aan museums, planetariums en so
> aan?!
> Waarskynlik nie.
> Die skool trips is.
Daar kom genoeg museums ens in by die plekke wat ons besoek. Gewoonlik het ons
daarbenewens die geselskap van plaaslike inwoners om ons rond te wys en al die
stories agter die fasades van die geboue te vertel.
Ek moet egter se dat baie besoeke aan planetariums, museums, ens geskied binne
die konteks van 'n ondersteuningsgroep. In ons geval reël hulle sulke besoeke
ongeveer elke veertien dae. Dis nogal baie oor 'n tydperk van 'n jaar.
My vrou verkies egter om iets soos museumbesoeke waar daar nie
groepaktiwiteite voor beplan is nie, te doen met nie meer as een ander gesin
saam nie. Sy vind dit opmerklik dat kinders in groter groepe meer aandag aan
mekaar bestee as aan die omgewing.
>
> >> En n lewendige reaksie ook daarteenoor.
>>> My kinders het al verskeie kere moraliteit en dinge ondersoek aan die
>>> hand van praktiese voorbeelde wat om hulle gebeur het.
>>
>> Natuurlik. Die argument is egter dat dit lyk asof universele skoolbywoning
>> die vlak van misdaad onder kinders van skoolgaande ouderdom _verhoog_.>>
>
> Weereens lyk dit nie objektief getoets nie.
> Soos: Gooi al die kinders uit die skool en se die ouers moet nou self
> opvoed en ons kyk wat gebeur met die misdaadsyfer.
Ek dink jy het 'n swak begrip van die metodes wat beskikbaar is om hipoteses
te toets.
Maar dit is waar dat die groot getal veranderlikes in so 'n situasie dit
moeilik maak om 'n bepaalde een te isoleer. Dis waarom ek volstaan met "dit
lyk asof".
>
> maar,
>> soos ek tevore getoon het, in die afwesigheid van toereikende leiding oor
>> hoe om dit te hanteer. >>
>
> En tuis sal hulle dit kry?! Die massa van die wereld se kinders?!
Wel, in die meeste huishoudings is daar meer volwassenes teenwoordig as een
vir elke dertig tot sestig kinders, en ek aanvaar dat die gemiddelde
volwassene in ons samelewing ten minste net so goed in staat is om kinders
leiding te gee oor algemene sosiale en etiese aangeleenthede as die
gemiddelde onderwyser in ons samelewing. As mens sien wat Mandela, Metclafe
en ander te se het oor die moraliteit van baie lede van die onderwyserskorps,
kan dit selfs meer wees.
>
> >> glo in die toilette woon en kinders se vrese aan die loop sit - tot
>>> die gewone drank/rook-goed tot rassisme - teen hulle en teen ander.
>>
>> Ek het tevore daarna verwys dat ek verneem dat die kinders in die plaaslike
>> skool sceances hou om geeste van afgestorwenes op te roep. Ek het die storie
>> van my kinders verneem - en waar sou hulle dit vandaan kry? Van die maatjies
>> in die skool.>>
>
> Ek kan nou vir jou eerstehand iets daarvan se want ek het kinders op
> skool.
> Dis die ou glasie-glasie-storie.
> En stories soos: Die kinders se as jy n glas op die grond sit en drie
> keer se "glassy glassy kill me" (of so iets) dan vlieg die glas op en
> maak jou dood.
> Dit het so n week geduur by my kinders se skool want - soos dit in n
> skool-samelewing gaan - word die "bluff" te veel kere geroep. Te veel
> kinders se: " Ag twak man." Gaan staan voor n glas se dit drie keer en
> almal lag vir die verspreider van die storie wanneer niks gebeur nie.
>
> Ek kan natuulik die situasie lekker vorentoe projektee in ander "urban
> legends" vam allerlei aarde wat mens in die volwasse lewe ook teekom.
Heeltemal korrek. Al waarop ek gewys het, is dat my kinders ook hierdie
"urband legends" teëkom, selfs al is hulle nie in 'n skool nie. (In die
besondere geval waarna ek verwys het was die beweringe nie heeltemal so
toetsbaar nie, maar dit daar gelaat.)
>
> >> het vanwee haar simpel idees (dit was nie n belangrike vak nie -
>>> guidance of so iets).
>>> Ek het eers gewonder of ek moes gaan kla toe besluit ek dit dalk beter
>>> dat hulle dit self ondersoek en die simpel juffrou kan vergelyk met
>>> die "great" een - en begin dink hoekom hulle so teenoor die twee
>>> reageer.
>>> Hulle het geleer om dit wat die juffrou se, te bevraagteken en te
>>> toets.
>>
>> Ek dink dit is 'n baie goeie manier om die situasie te hanteer.>>
>
> Ja dit was waarskynlik "lateral teaching".
Ek gebruik die term "dirty teaching" - na aanleiding van "dirty dancing" - met
'n positiewe konnotasie.
Groete, Leendert
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
Re: Nog monsters [boodskap #19181 is 'n antwoord op boodskap #19048] |
Vr, 13 November 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum"
> Die ironie is, dat dit hoegenaamd nie vir jou nodig is om jou keuses te
> verdedig nie - ek het hulle nog nooit aangeval nie.
Verskoon my, maar die ellelange geskrifte
het sommer baie begin lyk na propaganda.
En soos dit vir my lyk, sal die volgende
hoofstuk gaan oor tuisgeboortes.
Terloops, ek het onlangs opgemerk dat jy
as een van die redes aangee hoekom skole
nie goeie plekke in jou omgewing is nie :
die feit dat jou kinders kom met stories
dat die kinders by 'n lokale skool met
geeste van voorgeslagte kommunikeer. Wel,
wel, wel, het ek gedink, wat gaan hier
aan. Nou hoor ek dis maar net 'n bietjie
new age fluff wat in Gautengse skole die
omgang maak. Maar jy was reg om dit op
rassistiese basis te interpreteer. Sies,
Leendert.
> Ek het lankal tot die gevolgtrekking gekom dat kinders
> eintlik weinig _leer_ in die skool - die funksie van die skool is
> hoofsaaklik om opdragte te gee oor wat gedoen moet word, en te kyk of dit
> gedoen is. Dink maar daaroor - waar en met wie se hulp doen die kind sy
> somme, wie leer hom sy spelling, wie leer hom om inligting te versamel, te
> kategoriseer en te orden, wie leer hom om die opstel of die projek te skryf
> en sy gedagtes te formuleer? Dit gebeur feitlik alles tuis.)
Jy mis nog steeds die punt. Kinders gaan skool
toe om met hulle ewejariges en met ander grootmense
as hulle ouers om te gaan. Iets wat tuisstudente
ontneem word. Skoolgaan is in die eerste plek 'n
sosiale aktiwiteit en nie 'n intellektuele
aktiwiteit nie. Dis ook 'n demokratiserende akti-
witeit. Dit aktiveer kinders uit baie verskillende
ekonomiese agtergronde op 'n gelyke baan. Dit wys
vir die "ryk" kind wat 'n "arm" kind met bietjie
breinkrag kan doen.
Terloops, hoeveel kinders in jou gesin is nou besig
met "tuisonderrig." 'n Mens kan nie 'n vierjarige
tel nie. Alle vierjariges bly meeste van die tyd
tuis, alle vierjariges behoort nie "onderrig" te
word nie. Babetjies is ook uit.
Gloudina
|
|
|
Re: Nog monsters [boodskap #19182 is 'n antwoord op boodskap #19048] |
Vr, 13 November 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Aitsa, Gloudina!
Hierdie string het begin toe jy my onderwyspraktyk bevraagteken het.
Die honde was natuurlik dadelik agterna op die teiken wat jy uitgewys het.
Maar dit gaan toe nie so goed met die honde nie, en nou is ek 'n
"propagandis" en jy is op die verdediging oor _jou_ onderwyspraktyk!
Die ironie is, dat dit hoegenaamd nie vir jou nodig is om jou keuses te
verdedig nie - ek het hulle nog nooit aangeval nie.
Maar:
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>
> Die grootste nadeel is die skeiding wat dit maak tussen mense van
>> verskillende ouderdom, generasie, en lewenservaring. Hierdie verskynsel het
>> dan ook oënskynlik 'n meetbaar negatiewe effek op die
>> persoonlikheidsontwikkeling van kinders wat in skole opgevoed word.
>
>
> Hier maak jy die ooglopende fout wat
> alle "tuisonderwys"-propagandiste maak:
> dat "kinders in skole OPGEVOED word."
> Laasgenoemde sal alleen moontlik wees
> as hulle 24 uur 'n dag in 'n skool
> opgesluit is. Dierbaarheid, die kinders
> is baie by die huis. Hier in Noord-Amerika
> vir meer as twee maande oor die somer. En
> dan vir talle korter onderbrekings
> tussenin.
(Ts...tsk...tsk..... En die kindertjies in koshuise? waar word hulle
opgevoed?)
Ek het jou al tevore gemaan, Gloudina - as jy uitsprake oor terminologie wil
maak, moet jy ten minste vir jou 'n HAT bestel. Ek het die woord met
voorbedagte rade so gebruik - dankie vir die reaksie. In hierdie geval sou
die _Opvoedkunde_-woordeboek natuurlik meer toepaslik wees, maar jy kan ook
maar navraag doen by enige _Opvoedkunde_fakulteit, waar _Opvoeders_ opgelei
word.
Maar ek stem met jou saam - kinders word nie in skole opgevoed nie - you
said it.
> Al die dinge wat jy voorhou as
> opvoedkundig, en wat jou kinders by die
> huis doen, het my kinders ook by die
> huis ervaar - die wurms in die grond,
> die voeltjies in die agterplaas, die
> omies in die straat wat vrae beantwoord.
> En wanneer hulle groter word: een van
> my kinders het 'n ou Commodore-rekenaar
> se programmering uitgedruk en 'n nuwe
> soort "machine language" probeer skryf.
> Probeer. Alles tuis. Maar in die proses
> genoeg geleer van rekenaars-argitektuur
> dat hy twee van sy klasse (een by die
> Universiteit van Waterloo en een in
> Frankryk by die Tegniese Universiteit
> van Compiegne) kinderspeletjies gevind
> het juis omdat hy by die huis met die
> rekenaar in Graad 10 en 11 rondgespeel het.
Nou waarom moes hulle dan skool toe gaan?
> Maar dit was ook dieselfde kind vir wie
> ek drie sakkies kos moes maak omdat hy
> meeste dae drie keer basketball moes
> oefen en eers teen die laatmiddag by
> die huis kon aankom. Om dan sy verrykte
> kursusse se huiswerk te kom doen. Sulke
> kinders het werklik hare op hulle tande.
O, ek sien. Dis nie soseer by die skool waar hy was nie, maar by die
sportbane. En die huiswerk dan by die huis.
Interessant - die huiswerk. Die kinders in tuisonderwys bestee nie juis meer
tyd aan _al_ hul onderwys nie, as wat skoolkinders bestee aan hul huiswerk -
navorsing in die VSA, gereeld hier bevestig deur ouers wie se kinders tevore
in skole was. (Ek het lankal tot die gevolgtrekking gekom dat kinders
eintlik weinig _leer_ in die skool - die funksie van die skool is
hoofsaaklik om opdragte te gee oor wat gedoen moet word, en te kyk of dit
gedoen is. Dink maar daaroor - waar en met wie se hulp doen die kind sy
somme, wie leer hom sy spelling, wie leer hom om inligting te versamel, te
kategoriseer en te orden, wie leer hom om die opstel of die projek te skryf
en sy gedagtes te formuleer? Dit gebeur feitlik alles tuis.)
Maar veels geluk met die hare op jou kinders se tande (ek wonder al lank oor
sulke mense - gebruik hulle Nair op hul tandeborsels, of gaan hulle elke
Vrydag vir 'n bite-ini wax?) Opvoedkundige sielkundiges, remediërende
onderwysers, arbeidsterapeute en sulke mense vertel my hulle kry selfs hoër
vlakke van executive stress by skoolkinders as by middeljariges op
middelbestuursvlak. Met die helse programme wat die kinders moet volg om
volgens verwagting te kan presteer. En, sê hulle, met 90% van hul kliënte is
daar niks verkeerd nie - hulle funksie is om die kind te panel beat dat hy
pas in die boksie wat die skoolstelsel vir hom verorden het.
So dit lyk asof jou kinders dit sonder opmerklike skade oorleef het. As mens
kyk wat gebeur met oorbruggingskursusse by universiteite (ook in die VSA)
het ek tot die gevolgtrekking gekom dat skole grootliks maar 'n stelsel is
om daardie kinders uit te filter wat 'n hoë toleransie het vir swak
onderwys.
Want, interessant genoeg, het honderde ondersoeke oor meer as vyftig jaar
nog nooit daarin geslaag om 'n korrelasie te vind tussen prestasie op
universiteit en prestasie in die beroep of die samelewing nie. En die
enigste ding waarmee skoolprestasie korreleer is prestasie op universiteit.
(Ek het wel op een so 'n korrelasie afgekom - 'n onderafdeling van 'n
Switserse ondersoek oor ingenieursopleiding het gevind dat die
ingenieurstudente wat die swakste doen op universiteit die beste
entrepreneurs word!)
Maar ek aanvaar, Gloudina, dat die onderwys wat jy vir jou kinders gekies
het, die beste was vir elkeen van hulle.
Op grond van jou beskrywing hierbo wonder ek net hoekom jy hulle skooltoe
gestuur het as hulle so 'n stimulerende omgewing by die huis gehad het. Ou
Prof Dirk Badenhorst (vergelykende opvoedkunde) sê mens maak 'n skool soos
volg:
a) Kies 'n stuk grond wat bietjie eenkant is.
b) Bou daar mure om, sit 'n dak op, en noem dit: Die Pedagogiese Ruimte.
c) Gaan haal dertig kinder uit die Werklikheid uit, en sit hulle in die
Pedagogiese Ruimte.
d) Sit een onderwyser saam met die inders in die Pedagogiese Ruimte.
e) Die opdrag van die onderwyser is: Gaan uit en versamel beskrywings,
afbeeldings, diagramme en monsters van die Werklikheid. Bring dit in die
Pedagogiese Ruimte in en gebruik dit om die kinders voor te berei op die
Werklikheid.
Sy beskrywing is eintlik geweldig waar, as mens daaroor dink: 'n
skoolklaskamer is 'n plek wat _doelbewus_ gestroop is van alle stimulasie
behalwe die bepaalde stimuli wat die onderwyser kies om in die omgewing in
te bring. Dit is waarom, soos ek tevore al vir ferdi op gewys het, die
gemiddelde woonhuis in 'n bepaalde omgewing 'n veel meer stimulerende
omgewing is as die gemiddelde skool in dieselfde omgewing, en veel meer
tegnologie en "opvoedkundige" toerusting bevat.
Onthou nou hoe het die storie van die "wurms en die voëltjies in die tuin"
ter sprake gekom - ferdi het vertel van die ekostelsel wat sy kinders se
wetskaponderwyser in haar klas onderhou (ter ondersteuning van sy keuse om
sy kinders na die skool te stuur). Ek wys toe daarop dat my tuin, my huis,
en my gesin ook 'n ekostelsel is, waar dieselfde prosesse waargeneem word.
En jy bevestig dit uit jou eie ervaring!
Dus: ek verstaan nog steeds nie waarom jy en die honde aanvalle loods op die
onderwyskeuses wat ek vir my kinders maak nie, en ek verstaan nie waarom jy
my verdediging van my keuse as "propaganda" afmaak nie. Maar bowenal: nie jy
of die honde het nog iets bygedra wat my laat dink dat die keuses wat julle
vir julle kinders gemaak het ook die beste keuses vir my kinders is nie.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: Nog monsters [boodskap #19183 is 'n antwoord op boodskap #19048] |
Vr, 13 November 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> On Sun, 08 Nov 1998 18:57:18 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
>
> > gedeel nie. Dan het hulle nie vriende geword nie, maar eenvoudig in
>> dieselfde woonbuurt gewoon.>>
>>
>> Ek verstaan nie wat jy hier bedoel nie. Wil jy sê dat die mense in die buurt
>> waar jy woon nie gemeenskaplikhede deel nie, en nie vriende word nie?>>
>
> My kinders was vriende met ander kinders bo in die straat. Toe gaan
> hulle na verskillende skole. Die sterf hulle mekaar af.
Dit is presies waarna ek verwys het, wat ondersoek is in navorsing soos die
van Chatham-Carpenter (Chatham Carpenter het probeer om die voordele van
skole te bewys - en die teenoorgestelde aangetoon) - skole neig om die
samelewing te _verdeel_. Maar dis nie net skeiding tussen verskillende skole
nie. Die grootste nadeel is die skeiding wat dit maak tussen mense van
verskillende ouderdom, generasie, en lewenservaring. Hierdie verskynsel het
dan ook oënskynlik 'n meetbaar negatiewe effek op die
persoonlikheidsontwikkeling van kinders wat in skole opgevoed word.
Maar wat dit betref - my kinders het vriende uit 'n dosyn verskillende
skole - en dit lyk asof die vriendskappe langer volgehou word. Uit hierdie
waarneming, maar ook op ander gronde, lyk dit vir my asof skoolbywoning
kinders se kanse verminder om die vaardighede te leer wat nodig is om
langtermynverhoudinge te stig en te onderhou.
(Ek kry so dinkwels die reaksie van mense: "Ek sal dit nooit dag na dag
uithou met my kinders nie - na 'n week vakansie kan ek nie wag dat die skool
weer begin nie - my kinders sal nooit na my luister nie". In plaas daarvan
om die vermoëns te ontwikkel om hierdie langtermynverhoudinge te onderhou,
raak hulle liewer van die kinders ontslae en plaas hulle in 'n
skoolomgewing, waar daar weinig druk is om te leer om oor die langtermyn met
iemand klaar te kom.)
> Gemeenskaplikhede wat gedeel word is seker voor die hand liggend. Van
> onderwysers wat onregverdig optree tot boelies wat gehanteer moet word
> tot take waarin hulle mekaar help.
Nee, ek het verwys na gemeenskaplikhede wat _al_ die inwoners van 'n
woonbuurt met mekaar deel - nie net die kinders in die skole nie. Soos toe
ma, die kinders en die tannie oorkant die straat die munispale werkers
gekeer het om die boom af te saag waarin die valk broei - party het onder
die boom gaan staan terwyl ander die raadslid en die burgermeester bel. Soos
verlede week toe hulle saam met die oom sy robot bedyf het wat die rioolpype
ondersoek, en tevore toe hulle met die ander oom die plasing bespreek het
van die wit streep by die stopstraat (hoekom so ver terug). Soos om die
polisie te bel as 'n kwaadwillig gesinde buurman voëls skiet met 'n windbuks
('n misdryf), om die oom van die elektrisiteitsafdeling te "help" om die
straatlig te herstel - en in sy hyskraan te ry, om blokkiesraaisels en
boekresensies te skryf vir 'n nuusbrief, en om ma en die ander tannies te
help om koeverte te vul, addresseer, en pos, ens... ens.. ens.. - alles
terwyl die ander kinders in die skool sit.
> n Goeie voorbeeld is byvoorbeeld n taak wat hulle moes doen vroeer
> vanjaar: So vyf moet saam werk om n nuwe "board game" te ontwikkel
> waar taal-beginsels en taal- vrae geleer moet word.
> Hulle moet dit saam doen.
> In een geval het een kind n goeie groep gehad wat saamgewerk het. In
> die ander geval het die ander kind na n tyd gesien as sy en ieand
> ander dit nie doen nie, gaan alles crash.
Presies die soort situasies wat 'n gesin heeldag moet hanteer - terwyl hulle
as gesin funksioneer. Net om middagete gemaak te kry met 'n siek baba in die
huis kan 'n groot projek word.
> elders op dat
>> die meeste skole besig is om hul buitemuurse aktiwiteite los te maak van die
>> skool en in klubverband te organiseer. >>
>
> Buitemuurs is nie net sport en sulke dinge nie.
> Dis ook goed wat die kinders self onder mekaar reel.
Kinders het nie nodig om in skole te wees om onder mekaar sulke dinge te
reël nie.
> En natuurlik dinge soos weeklange "skool-trips".
Hmmm..... Omtrent elke reis wat ek aflê is 'n "skooltrip". Daar is nie juis
geld of geleentheid vir vakansies nie, maar ek moet om ander redes redelik
dikwels reis. Die feit dat my kinders nie in 'n skool is nie, beteken dat
hulle daarby ingelsuit kan word.
>
> gevolgtrekking
>> kom dat kinders in skole meer geneigd is om "reëls van die samelewing te
>> skend" as enige ander identifiseerbare sektor van die samelewing. Daar is dan
>> ook interessante navorsing gedoen wat 'n verband vind tussen skoolbywoning en
>> misdaad.>>
>
> Met ander woorde daar is n lewendige wisselwerking met gesag en reels.
> En n lewendige reaksie ook daarteenoor.
> My kinders het al verskeie kere moraliteit en dinge ondersoek aan die
> hand van praktiese voorbeelde wat om hulle gebeur het.
Natuurlik. Die argument is egter dat dit lyk asof universele skoolbywoning
die vlak van misdaad onder kinders van skoolgaande ouderdom _verhoog_.
Enersyds beteken dit nie dat kinders wat nie in skole is nie, nie aan
misdaad blootgestel word nie.
Anders beteken dit dat die kanse groter is dat hulle self die slagoffers of
daders van misdaad kan word.
En natuurlik bespreek kinders in skole sulke situasies met mekaar - maar,
soos ek tevore getoon het, in die afwesigheid van toereikende leiding oor
hoe om dit te hanteer. Dit is dus heel waarskynlik dat hulle _nie_ tot
funskionele gevolgtrekkings sal kom nie - iets wat deur gekontroleerde
navorsing inderdaad bevind is. Dit sou dus nie verbasend wees as hulle meer
geneigd is om op disfunksionele manier op te tree nie.
> Dit wissel van "urban legends" onder kinders - dinge soos spoke wat
> glo in die toilette woon en kinders se vrese aan die loop sit - tot
> die gewone drank/rook-goed tot rassisme - teen hulle en teen ander.
Ek het tevore daarna verwys dat ek verneem dat die kinders in die plaaslike
skool sceances hou om geeste van afgestorwenes op te roep. Ek het die storie
van my kinders verneem - en waar sou hulle dit vandaan kry? Van die maatjies
in die skool.
> En hulle het al deur n jaar gegaan van n juffrou waarvoor hulle gelag
> het vanwee haar simpel idees (dit was nie n belangrike vak nie -
> guidance of so iets).
> Ek het eers gewonder of ek moes gaan kla toe besluit ek dit dalk beter
> dat hulle dit self ondersoek en die simpel juffrou kan vergelyk met
> die "great" een - en begin dink hoekom hulle so teenoor die twee
> reageer.
> Hulle het geleer om dit wat die juffrou se, te bevraagteken en te
> toets.
Ek dink dit is 'n baie goeie manier om die situasie te hanteer.
In 'n soortgelyke situasie het een van my kinders besluit dat sy nie vir die
res van die betrokke jaar die sondagskool sal bywoon nie - die juffrou het
(volgens die agtjarige kind se oordeel - wat sy goed kon motiveer) nie by
die kurrikulum gehou nie, nagelaat om dissipline uit te oefen, en tyd
verspeel met sensasionele stories oor satanisme en ander kultusse (op 'n
wyse wat volgens die kind se oordeel nie geskik is vir kinders van agt jaar
ou nie). Ons het haar besluit ondersteun. Sy oorweeg dit tans om weer die
sondagskool te besoek, maar die voorwaarde is dat sy die jaar moet voltooi -
sy moet dus haar navorsing behoorlik doen, en seker wees dat sy tevrede sal
wees met wat sy daar kry.
>
>
> gesê het –
>> ek is oortuig daarvan dat elke kind se ouers die mense is wat in die beste
>> posisie is om te bepaal wat in die kind se beste belang is – dit sluit in
>> besluite oor skoolbywoning.>>
>
> Ja. Vir my kinders werk dit om skool toe te gaan.
> En pluspunte soos - hulle het n wiskunde en wetenskap onderwyseres
> vir wie hulle oneindige respek het en wat by hulle n aanvaarding van
> die twee vakke tuisbring wat ek nie sal kan nie.
Dit herinner aan my oudste kind se verhouding met haar ou Hongaarse
vioolonderwyser. Dit is die derde vioolonderwyser wat sy het (oor 'n tydperk
van ses jaar.)
> En die onderwyseres se klaskamer is ook vol diere wat n soort
> ekostelsel om die kinders uitmaak.
> Hulle sien die klein rotjies wat gebore is. En hulle sien die
> luislang. En dan sien hulle die rotjies word die kos vir die luislang
> - daar is baie ander, maar dit is die mees onlangse een wat n indruk
> op hulle gemaak het.
Hmmm..... My kinders leef ook in 'n omgewing waar hierdie soort ding gebeur.
Tot dusver het ons nog nie luislange daar gehad nie, maar my middelkind was
nou die dag baie boos vir die duisendpote wat die slakeiers eet - tot ek
haar gewys het watter skade die slakke aan die spinasie aanrig. Oor
spinnekoppe en hul gewoontes is hulle dol, en kan elke spinnekop in die tuin
identifiseer - hulle kuier gereeld by die "spinnekoptannie" by die
plantbeskermingseenheid (wat toevallig ook 'n wêreldbekende aragnoloog is).
Daar is gereeld 'n troetelspinnekop wat in 'n cokebottel woon en met sy
geliefkoosde prooi gevoer word. Die rotte by ons leef los in die tuin, en
word die prooi van die katte - 'n proses wat die kinders met intense
belangstelling waarneem. Die vlermuise is ou vriende, sedert die
"vlermuistannie" vir hul tuisskoolgroep 'n lesing gegee het oor die aard en
gewoontes van die diertjies en hulle die goed laat vashou het. Die groot
verskeidenheid voëls in die tuin, hul gewoontes en seisoene is deel van elke
dag se omgewing, en dikwels die onderwerp van wiskundelesse (hoeveel
blouseisies en duiwe is daar altesaam?) Die kaapse lysters eet natuurlik ook
slakke, maar hulle het 'n groter probleem met die vleiloerie wat die
dagbreekertjie se kleintjies vreet. Vandag mis hulle die tuisskoolgroep se
besoek aan die dieretuin, want die baba se waterpokkies het nog nie
opgeklaar nie. Waar dit geboortes aangaan, het elkeen van die kinders gehelp
met die geboorte van die jongeres (nie net teenwoordig gewees nie,
noodsaaklike take verrig, ma gehelp afspons en water gee, ens. tydens die
kraam) want die babas is by die huis gebore - in elke geval terwyl die ander
kinders in die skool was.
> Dis deel van HULLE klas. HULLE skool.
Ditto.
Leendert
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 23 05:11:15 MGT 2024
|